Virtual Aupair
Share
Virtual Aupair Whatsapp

Virtual Au Pair is 'n aanlyn-studie en kindersorg-platform wat ontwerp is om besige ouers en kinders te help.
Ons bied 'n wye reeks dienste aan vanaf opsommings tot 'n ouer-portaal en kinderoppassers.
Virtual Au Pair is lief vir kinders. Ons grootste doelwit is om kinders te help om hulle akademiese vermoëns te bereik.

preview-1-s.webp

Akademiese prestasie, en die verwagtinge wat daarmee saamgaan, plaas soveel druk op kinders en ouers. Ons het opsommings ontwerp wat kinders tydens eksamens sal help om die hope werk makliker te verstaan. Al ons opsommings is visueel opwindend, dit gryp kinders se aandag en terselfdetyd maak dit leer pret.

Ons opsommings is KABV-belyn (Kurrikulum & AssesseringsBeleidsVerklaring) AssesseringsBeleids- Verklaring) en ons assesserings is uitstekende middele om vir enige eksamen voor te berei.

Ons het 'n opwindende ingeboude funksie op ons webblad genaamd "flits-toetse". Met flits-toetse word assesserings aanlyn gedoen, geen drukwerk sal nodig wees nie, en ouers ontvang onmiddellik resultate, wat beteken dat jy jou kind se vordering in elke vak kan monitor. Hierdie toetse is van hoë standaard. Ons daag kinders tydens hierdie toetse uit om te verseker dat hulle probleemoplossing leer terwyl hulle vir 'n eksamen voorberei.

preview-2.webp

Tegnologie is so groot deel van ons kinders se lewens, hoekom nie gebruik maak daarvan om tyd te bespaar en kinders toegang te gee tot hul studiemateriaal enige tyd en plek nie? 'n Vinnige vyftien minute leersesssie tussen oefeninge maak 'n groot verskil, veral as jy ook sommer gou 'n vinnige toets saam met jou vriende kan doen.

preview-3.webp

Al ons opsommings kan gedruk word indien nodig, maar vir die omgewing "friendlies" is hierdie opsommings ook maklik om vanaf enige slimtoestel te leer.

Lid aktiwiteit, insluitende die oopmaak van opsommings en toetsresultate, kan deur die ouer moniteer word. Elke kind kry sy/haar eie aanmelding om toegang tot slegs die studiemateriaal en toetse te verkry.

Ouers het toegang tot visuele vorderings-resultate vir alle Virtual Au Pair toetse en jy kan jou kind se kwartaalikse verslae as deel van hierdie verslag opdateer.
Ouers kan met mekaar verbind, advies vra, interessante artikels lees en informasie deel deur ons ouer-portaal.

preview-4.webp

Familie is die belangrikste ding in die lewe. Ons wil deel wees van elke familie in ons land en die lewens van kinders verbeter op hierdie virtuele akademiese reis.

Word deel van ons familie, waar ons leer weer PRET maak.